Facebook Twitter YouTube Dailymotion Scribd Calameo
Slideshare Issuu Pinterest Google plus Instagram Telegram
Chat About Islam Now
Choose your country & click on the link of your language.
Find nearby Islamic centers & GPS location on the map.



Author:


Go on with your language:
qrcode

‘n Kort, Geïllustreerde Gids tot islam
Ibrahim Abu Harb

‘n Kort, Geïllustreerde Gids tot islam

In die Naam van Allah, die Mees Barmhartige, die Mees Genadige

Hierdie boek is geskryf as‘n verkorte handleiding ter verduideliking van die Islamitiese geloof. Dieboek bestaan uit drie hoofstukke.

In die eerste hoofstuk, Bewyse dat Islam die Waarheid is, poog ons om sekere vrae te beantwoord wat dikwels gevra word:

  • Is die Heilige Qur’an werklik die direkte Woord van God, soos deur Hom geopenbaar?

  • Is Muhammad [1] werklik ‘n Profeet wat deur God uitverkies en aangestel is?

  • Is Islam waarlik ‘n geloof van God?


In hierdie hoofstuk sal ses bewyse gelewer word:

1) Wetenskaplike Wonderwerke in die Heilige Qur’an
In hierdie afdeling bespreek ons sekere wetenskaplike feite (met illustrasies) wat veertien eeue gelede reeds geopenbeer was en in die Heilige Qur’an opgeteken staan, ten spyte van die feit dat dit eers onlangs deur wetenskaplikes ontdek is.

2) Die groot uitdaging om een hoofstuk te produseer wat vergelyk met een hoofstuk in die Qur’an
God daag die mens uit om een hoofstuk te skryf wat kan vergelyk met ‘n hoofstuk in die Qur’an. In die veertien eeue sedert die openbaring van die Heilige Qur’an kon geen mens nog ooit daarin slaag nie. Dίt, ten spyte van die feit dat die kortste hoofstuk in die Qur’an (hoofstuk 108) slegs uit tien woorde bestaan.

3) Bybelse profesies wat die koms van die Profeet Muhammad aankondig
Onder hierdie opskrif word die tekse uit die Bybel bespreek wat die koms van die Profeet Muhammad voorspel.

4) Verse in die Qur’an wat sekere toekomstige gebeure voorspel
Die Qur’an voorspel sekere toekomstige gebeure wat wel later plaasgevind het – soos die oorwinning van die Romeinse Ryk oor die Persiese magte.

5) Wonderwerke wat deur die Profeet Muhammad verrig
was

Ten aanskuoe van menige mense het die Profeet Muhammad vele wonderwerke verrig.

6) Die eenvoudige lewenswyse van die Profeet Muhammad
Die feit dat die Profeet Muhammad ‘n eenvoudige lewe gely het is ‘n duidelike bewys daarvan dat hy nie homself as ‘n false Profeet verklaar het sodat hy materiële wins, status of
bekendheid kon verwerf nie.

Wanneer daar indiepte gekyk word na die bogenoemde bewyse, kan ‘n mens duidelik sien dat
• Die Qur’an die direkte Woord van God is wat deur Hom geopenbaar is
• Muhammad die uitverkore Profeet van God is
• Islam die ware geloof van God is

Indien ‘n mens probeer vasstel of ‘n geloof werklik van God afkomstig is en of dit die waarheid of ‘n valse geloof is, is dit belangrik om nie toe te laat dat jou emosies, gevoelens en kultureleen familietradisies jou ondersoek daarvan beїnvloed nie. Dit is van uiterse belang dat ‘n mens rasioneel en met intelligensie na die saak kyk.

Elke keer wanneer God ‘n Profeet uitverkies het, het Hy hom gestuur na die mens en hom bemagtig om sekere wonderwerke te kan verrig sodat hierdie wonderwerke die geldigheid van sy profeetskap aan die mense kon bevestig. Hierdie wonderwerke het bo enige twyfel as bewys gedien dat die spesifieke Profeet deur God uitverkies is en dat die leerstelling wat hy verkondig dus ook van God afkomstig is.

In die tweede hoofstuk, Sekere Voordele van Islam, word die
volgende bespreek:
• Die Deur na die Ewige Paradys
• Verlossing uit die Vuur van die Hel
• Ware Geluk en Innerlike Vrede
• Vergifnis vir Alle Voorafgaande Sondes

In die derde hoofstuk, Algemene Inligting aangaande Islam, poog ons om sekere wanopvattings aangaande Islam reg te stel en om algemene vrae te beantwoord, soos byvoorbeeld:
• Wat sê Islam oor terrorisme?
• Wat is die status van vroue volgens Islam?

https://www.islamic-invitation.com

https://www.islamic-invitation.com/book/details/Afrikaans/4912/n-Kort-Ge%C3%AFllustreerde-Gids-tot-islam

https://www.islamic-invitation.com/downloads/a_brief_illustrated_guide_to_understanding_islam-afrikaans.pdf

[1] Die betekenis van die Arabiese woord is: Mag God die aanroep van sy naam ophef en hom beskerm teen enige onvolmaakthede.

View Site in Mobile | Classic
Share by: