Islam verskaf elke individu met regte. Vervolgens word van hierdie regte bespreek:
Die lewe en besittings van alle burgerlikes in ‘n Islamitiese Staat word as ‘heilig’beskou.
• Die mens se eer (reputasie) word beskerm. Daarom is dit teen die Wet om iemand te beledig of bespot. Die Profeet Muhammad ﷺ[1]het gesê: “Waarlik, jou bloed, jou besittings en jou eer is onaantasbaar.”[2]
Rassisme is verbode in Islam. Die Qur’an verwys na die gelykheid van mense as volg:
﴾...O Mensdom! Ons het julle waarlik uit ‘n man envrou geskape, en Ons het julle in nasies en stammeverdeel sodat julle mekaar mag erken. Waarlik, diemees geëerde onder julle in God se aangesig is diemees godsvresende.[3]Voorwaar, God is Alwetend,Ingelig.﴿ Qur’an, 49:13
Islam verwerp die idee dat sekere individue of nasies begunstig is bo ander weens hulle rykdom, mag of ras. God het die mensdom as gelykes geskape en Hy het bepaal dat die enigste onderskeid tussen hulle gemaak sal word op grond van geloof en vroomheid (godsvresendheid).
Die Profeet Muhammadﷺhet gesê:
“O my volk! Julle God is Een en julle voorvader [Adam] is een. ‘n Arabier is nie beter as ‘n nie-Arabier nie, en ‘n nie-Arabier is nie beter as ‘n Arabier nie.
‘n Rooi persoon [‘n blanke met ‘n rooi bloos] is nie beter as ‘n swart persoon nie, en ‘n swart persoon is nie beter as ‘n rooi persoon nie[4]… behalwe in vroomheid.”[5]
Een van die grootste probleme in ons samelewing vandag is rassisme. Hierdie moderne, ontwikkelde wêreld van ons kan ‘n man na die Maan toe stuur maar niemand kan ‘n man keer om sy medemens te haat en teen hom oorlog te verklaar nie. Sedert die era van die Profeet Muhammadﷺhet Islam die voorbeeld gestel en bewys dat rassisme wel beëindig kan word. Die jaarlikse Pelgrimstog (Hajj) na Mekka bewys die broederskap wat kan bestaan tussen mense van alle rasse en nasies.
Miljoene Muslims lê jaarliks hierdie Pelgrimstog af in vrede. Islam is ‘n geloof van geregtigheid.
God het gesê: ﴾...Voorwaar, God beveel jou om alle items wat aanjou toevertrou is vir bewaring terug te besorg aandié wat dit toekom, en wanneer julle tussen mensemoet oordeel – oordeel met regverdigheid...﴿Qur’an, 4:58
Verder sê God: ﴾…Wanneer twee groepe gelowiges teen mekaarveg, sluit vrede tussen hulle met regverdigheid, enbehandel hulle met billikheid. Voorwaar, God hetdiegene lief wat billik is...﴿Qur’an, 49:9
Ons moet selfs regverdig wees teenoor die mense vir wie ons haat in ons harte koester.
God sê: ﴾...en moenie toelaat dat die haat wat jy koester vir‘n ander nasie jou ontroof van geregtigheid nie.Wees regverdig – dit is nader aan vroomheid...﴿Qur’an, 5:8
Die Profeet Muhammadﷺhet gesê: “Mense, wees bedag daarop omnie onregverdig te wees nie,[6]wantonregverdigheid sal duisterniswees op die Dag vanVergelding.”[7]
En die mense wie se regte nie aan hulle toegeken was terwyl hulle ‘n regverdige reg daartoe gehad het tydens hierdie lewe nie, sal dit ontvang op die Dag van Vergelding.
Die Profeet het gesê:
“Op die Dag van Vergelding sal die regte van diegene wie hulle regte ontneem was teruggegee word[en alle onregte sal reggestel word].”[8]
[1]Die betekenis van die Arabiese woordﷺis: Mag God die aanroep van sy naam ophef en hom beskerm teen enige onvolmaakthede.
[2]Sahih Al-Bukhari, #1739, en Mosnad Ahmad, #2037
[3]‘n Godsvresende persoon weerhou homself van alle sondes, hy verrig goeie dade soos wat God hom beveel om te doen, hy vrees God [se teleurstelling] en het God lief [vir al Sy genade teenoor hom].
[4]Die verwysing na kleure in hierdie Hadith is slegs as voorbeelde genoem. Die betekenis daarvan is dat geen ras of kleur beter is as ‘n ander nie.